Zoeloe

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

(Aangestuur vanaf Zoeloes)
Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.

Inleiding

Die Zoeloes (ook Zulu gespel), die grootste etniese groep in Suid-Afrika, het 'n groot rol gespeel in die geskiedenis van die land. Die taal, isiZoeloe (ook isiZulu), word deur 24% van die bevolking gepraat[1]. Zoeloe beteken "daarbo" of "mense van die hemel"[2]. In die laat 1700s was die amaZoeloe (versamelnaam in Zoeloe) 'n klein obskure groepie van nie groter nie as 1,500. Hulle was hoofsaaklik beperk tot die oostelik deel van Suiderlike Afrika, suid van die Umfolozi rivier[3].

Oorlog met die Britte

Onder die heerskappy van Shaka het die Zoeloe-stam egter 'n magtige staat gevorm in 1816. Op 11 Desember 1878 lewer die Britte 'n ultimatum aan 11 Zoeloe-hoofmanne om hul weermagte te ontbind en Britse beheer te aanvaar. Hulle weiering het gelei tot die begin van die Anglo-Zoeloe-oorlog in 1879. Die Britse oormag is verslaan by die Slag van Isandlwana op 22 Januarie, maar kon daarin slaag om die oorhand te kry in die Slag van Ulundi op 4 Julie, waarin sowat 1 500 Zoeloes en net 12 Britte gesneuwel het.

Verwysings

  1. 2001 Sensus
  2. Knight, I: (2007): Onderhoud met History Channel
  3. History Channel (2007): "Biography: Shaka Zulu"

Sien ook Shaka

Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: