Steyn von Ronge

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.
Steyn van Ronge (of Steyn von Ronge) was 20 jaar lank lid van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB) toe hy op 6 April 2010 benoem is as nuwe leier. Dit het gevolg op die moord op die vorige leier, Eugene Terre'Blanche, op 3 April 2010. Sy doelwitte is ’n sekuriteitsplan om boere te beskerm teen plaasaanvalle en die vestiging van ’n wit tuisland. Hy het voorheen waargeneem as leier van die AWB toe Terre'Blanche in die tronk was.[1]

Inhoud

AWB

Steyn het by die AWB aangesluit in 1983, gedurende die eerste referendum, aangesien hy nie saam met PW Botha se besluite gestem het nie en volgens von Ronge Suid-Afrika op die afdraande pad gaan stuur.

Steyn vorder spoedig tot onderleier en voorsitter van die beweging.

AWB Leierskap

Eugene Terre'Blanche het skynbaar nie slegs die leierskap aan von Ronge beloof nie, maar ook aan André Visagie, die AWB sekretaris-generaal.

André was boos toe hy dit hoor, maar Van Ronge kon bewys lewer. 'n Faks, onderteken op 12 Maart 2010, met twee getuies waarin Eugene vra dat Van Ronge die leierskap oorneem tot hy van sy hartprosedure herstel, het bewys dat Van Ronge die regmatige leier van die AWB is. André Visagie is steeds die sekretaris-generaal en AWB-woordvoerder.


Familie en studies

Hy is ‘n derde geslag boer in Suid-Vrystaat. Steyn is getroud met Cornelia von Ronge Hy het twee dogters en ‘n seun; een dogter is ‘n mediese dokter en die ander kinders is studente.

Steyn het in 1972 matriek geslaag by Hoërskool Zastron. Gedurend sy dienspligjaar was hy by die Lugmag in Pretoria, waar hy 'n liggaamlike opvoeding instrukteur was. Hy het B.Comm studeer by Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) en toe sy klerkskap by 'n ouditeursfirms voltooi.

Agtergrond

Van Ronge boer op die plaas Nooitgedacht in die Zastron-distrik, Suid-Vrystaat. Gedurende 1983 sterf sy pa, oom Ollie en moet Steyn Nooitgedacht toe trek. Die oorspronklike plan was dat hy 'n rekenmeesterspraktyk in Zastron open. Tant Snowball, Steyn se ma, het later dorp toe getrek.

In 1993 is hy gevonnis tot 'n boete van R2,000 of ses maande tronkstraf nadat hy twee swart lede van die Weermag, Mojalefu Ncamae en Thabo Matlalane, op sy plaas gewond het. Van Ronge het aangevoer dat sy plaas grens aan Transkei en dat daar 'n Apla-opleidingskamp in die omgewing was, van waar aanvalle in die verlede op boere geloods is.[2]

Hy is lid van die Zastron-distrikboereunie, sekretaris van die Genadeberg-boerevereniging, sektorleier van Burgerlike Beskerming, voorsitter van die plaaswag en 'n kommandolid. [3]

Aanhalings

“Die AWB is Eugène Terre’Blanche en Eugène Terre’Blanche is die AWB, verstaan jy? Steyn von Ronge - gedurende onderhoud met Hanlie Retief

Verwysings

  1. Beeld, 31 Maart 2000, p. 1: "ET galop op Raaf na jaar in tronk"
  2. Beeld, 14 Desember 1993, p. 4: "AWB-lid wond twee soldate, gestraf"
  3. Volksblad, 1 April 200, p. 7: "AWB-leier se opvolger wil lae profiel handhaaf Hou nie toesprake, openbare vergadering"
Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: