![]() AansigteStellenbosch UniversiteitskoorDie geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van die oudste en mees gevierde kore in Suid-Afrika. Die koor is in 1936 deur William Morris gestig. Ná hom bevestig verskeie koorleiers die ensemble as van die mees invloedryke Kore in Suid-Afrika. 'n Definitiewe hoogtepunt was toe die koor in Julie 2004 aangewys is as die algehele wenners van die kategorie vir Jeugkore (Youth Choirs) by die Wêreld Koorspele in Bremen, Duitsland. Nog 'n hoogtepunt was die koor se deelname in 2004, saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes, aan Hendrik Hofmeyr se Sinfonia Africana. Hierdie grensverskuiwende simfonie (met 'n Afrikaanse teks) is vir Sopraan, Koor en Orkes.<ref name="Stellenbosch Universiteitskoor Webblad">http://student.sun.ac.za/koor/tuis.html</ref><references /> In 2006 is die koor se nuwe CD, Illumina, vrygestel. Die CD is gunstig deur media ontvang en sluit nuwe werke van Suid-Afrikaanse komponiste in. In September 2006 is 70 jaar se koor-aktiwiteite gevier met ‘n reunie – 400 oud-lede het hierdie feestelike geleentheid bygewoon. Hierdie reunie het die positiewe impak van die Koor op die Suid-Afrikaanse koor-milieu sedert 1936 onteenseglik bewys. Tydens die 5de Wêreld Koorspele in Graz, Oostenryk, Julie 2008, het die Koor ‘n 1ste plek gewen in die ope kategorie vir Musica Sacra en ‘n 2de plek in die kategorie Gospel & Spiritual. Stellenbosch Univesiteitskoor word sedertdien internasionaal gereken as die beste koor in die kategorie Musica Sacra en 4de beste Jeugkoor in die wêreld. Aan die einde van 2008, is die Koor se nuwe CD, Laudate, vrygestel. Hierdie CD bevat ‘n kombinasie van ou gunstelinge en nuwe werke, spirituals en Suid-Afrikaanse musiek. Binne die Suid-Afrikaanse konteks word dit toenemend belangrik vir die Koor om uit te reik na kore in minder bevoorregte gemeenskappe. Vanaf 2005 ontferm die Koor hul oor 'n koor saamgestel uit weeskinders van Kayamandi - musiekvaardighede word met hierdie koor gedeel. Koorlede ervaar hierdeur die waarde van gemeenskapsdiens. In Julie 2010 vertrek die Koor Sjina toe vir die 6de Wêreld Koorspele in Shaoxing. Hulle neem deel aan die kategorie vir Gemengde Kore sowel as die kategorie Musica Contemporanea.
GeskiedenisDie Koor is in 1936 deur William Morris en 'n handvol entoesiastiese studente gestig. Vanaf sy klein begin het die Koor voortgebou om deesdae as een van die mees toonaangewendste Kore in Suid-Afrika en die Wêreld gesien te word. As die oudste bestaande Koor in die land het die Koor 'n ryk geskiedenis van invloed onder koorsang in dié land.
Die sukses van die Koor hang voortdurend af van die unieke nakoms en gees binne die Koor gemeenskap, bestaande uit vriende- en familie van huidige lede sowel as oud-lede en die nuutgestigde Vriende van die Stellenbosch Universiteitskoor vereniging wat oop is vir alle oud-lede en ondersteuners van die Koor. Dirigente
Onderskeidings2010Gedurende Julie 2010 toer die Koor deur Sjina as deel van hul deelname aan die 6de Wêreld Koorspele in Shaoxing. Hier verower hulle die titel as Choir of the World in beide kategorieë waarin hulle deelneem. Hulle het 95.75 behaal in die kategorie Mixed Choirs en 90.88 in die kategorie Musica Contemporanea. Hul uitslag vir Mixed Choirs is ook die hoogste punt gedurende die hele kompetisie behaal.<ref name="2010 Wêreld Koorspele - Resultate: Kampioensafdeling">http://www.interkultur.com/uploads/media/Champions_Competition.pdf</ref><references /> 2008Gedurende Julie 2008 neem die Koor deel aan die 5de Wêreld Koorspele in Graz, Oostenryk waar hulle een van 22 Kore vanaf Suid-Afrika was. Hulle verower drie goue medaljes vir die drie kategorieë waarin hulle deelgeneem het, nl. Musica Sacra: Open Category (Wen, met 92.7%), Gospel and Spiritual (Kom tweede, met 92.5%) en Mixed Youth Choirs (Kom 4de, met 88%). Vanaf Julie 2008 behou die Koor ook die vierde plek op die algehele Wêreld Koor Ranglys en word hulle gesien as die Wêreld se beste Koor in die kategorie Musica Sacra (geweide musiek).<ref name="Musica Mundi Wêreld Koorranglys">http://www.interkultur.com/leftnavi/top-10-charts/</ref><references /> 2004In Julie 2004 wen die Koor die Gemengde Jeugkoor afdeling by die 3de Wêreld Koorspele in Bremen, Duitsland en word as Choir of the World aangewys. Repertoire
Viva la Vida - Coldplay, verw. André van der Merwe (b. 1968, Suid-Afrika) Bohemian Rhapsody - Freddie Mercury, verw. André van der Merwe (b. 1968, Suid-Afrika) Kekatu Dziesma (Carnival Song) - Peteris Vasks (b. 1946, Letland) Meditasie - verw. André van der Merwe (b. 1968, Suid-Afrika) Borgoroditse Devo (Ave Maria) - Sergey Khvoshchinsky (b. 1957, Belarus) Magnificat Gloria - Alberto Grau (b. 1937, Venezuela) Zoper Kacji Pik - Lojze Lebic (b. 1934, Slovenië) Beatus Vir, Sanctus Martinus - Pawel Lukaszewski (b. 1968, Poland) Double, Double Toil and Trouble - Jaakko Mantyjarvi (b. 1963, Finland) Inyanga Entsha - verw. André van der Merwe (b. 1968, Suid-Afrika) Opnames en MediaAan die einde van elke jaar neem die Koor hul hele repertoire van die jaar op. Opnames geskied gewoonlik in die Endlersaal in die Stellenbosch Konservatorium. Die doel is om elke tweede jaar opnames beskikbaar te stel aan die publiek as 'n album van die beste werke vanuit daardie twee jaar se opnames. Vandat André van der Merwe die leisels oorgeneem het, is daar alreeds drie albums beskikbaar gestel:
Behalwe vir die amptelike albums word daar gewoonlik ook opnames by spesiale konserte gemaak. Daar word veral opnames gemaak wanneer die Koor by optredes in die Endlersaal deelneem. Geleenthede wat al opgeneem is sluit in:
BronneInterkultur: Musica Mundi Wêreld Koorranglys |