Somerset-Oos

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek

Somerset-Oos is 'n dorp geleë in die Oos-Kaapse Middellande aan die voetheuwels van die Boschberg, 185 km noord van Port Elizabeth en 820 meter bo seespieël. Dit is aan die teerpad tussen Oos-Londen en Kaapstad geleë. Somerset-Oos is 'n gewilde binnelandse vakansieoord vir mense wat aan die kus in Port Elizabeth en omstreke woon. Van die dorp se aantreklikehede is onder meer 'n museum, die Walter Battiss-kunsmuseum en 'n nabygeleë natuurreservaat. Daar is ook 'n woonwapark met alle moderne geriewe. Die geskatte bevolking in 2007 was 16 176, sowat 500 meer as in 1996. In 2008 was die skatting 17 271.

Inhoud

Geskiedenis

Die dorp is in 1825 gestig en genoem na lord Charles Somerset (1767 - 1831), goewerneur van die Kaapkolonie van 1814 tot 1826 en die eienaar van die plaas waarop die dorp aangelê is. Dit het munisipale status in Februarie 1884 verkry. Die dorp was dikwels betrokke in die Grensoorloë, maar is vandag 'n sentrum vir wol- en ander boerderybedrywighede.

Opvoeding

Somerset-Oos is die tuiste van een van die roemrykste skole in die Oos-Kaap, die tweetalige hoërskool Gill-kollege (gestig in 1867), asook die gelyknamige laerskool.

NG gemeente

Voor die afstigting as 'n afsonderlike gemeente in 1825, het die noordelike gedeelte van die distrik Somerset-Oos onder Graaff-Reinet geval en die suidelike gedeelte onder Uitenhage.

Op 'n vergadering in die Somersetse Drostdy op 9 Julie 1825 is amptelik besluit om by die goewerneur aansoek te doen om 'n kerk op die dorp te bou en 'n aparte gemeente te stig. Die goewerneur het die versoek deurgegee aan die destydse koloniale sekretaris, graaf Bathurst, en na onderhandelinge is toestemming tot die stigting van die 15de gemeente in in die land verleen.

In Oktober van die stigtingsjaar is ds. George Morgan as eerste leraar en herder van Somerset-Oos aangestel, asook 'n kerkraad bestaande uit twee ouderlinge (Robert Hart en F.J. van Aardt) en vier diakens (Gideon Joubert, Michael Bosch, Willem Prinsloo en P.M. Bester).

Die lidmaattal van die gemeente het in 1973 meer as 1 200 getel, in 1990 was dit 960 en in 2007 962. In 2007 is die gemeente Visriviervallei (Kookhuis) by Somerset-Oos ingelyf en in 2008 was die moedergemeente se lidmaattal 943, sowat 20 minder as voor die inlywing.

Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: