Slagtersnek-opstand

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.

Te midde van groot ontevredenheid met die Britse bewind, het die Slagtersnek-opstand in 1815 aan die Oosgrens voorgekom. 'n Grensboer, Cornelis Frederik (Freek) Bezuidenhout, is deur sy Hottentot-veewagter, Booi, op Graaff-Reinet van aanranding aangekla, maar Bezuidenhout het telkens die dagvaardings geïgnoreer. Die Rondgaande Hof het hom weens minagting van die hof tot een maand tronkstraf gevonnis.

Hy het hom teen inhegtenisneming verset en is vyf dae later in 'n skermutseling in 'n grot op sy plaas doodgeskiet. By sy begrafnis het sy broer, Hans, en sy swaer, Cornelis Faber, gesweer dat hulle sy dood sou wreek.

Op aanhitsing van Hendrik Frederik Prinsloo het dit gelei tot 'n algemene opstand teen die Britse regering en Faber is selfs twee keer na opperhoof Gaika gestuur om die Xhosas se hulp in te roep. Prinsloo is weens sy aanhitsing gearresteer en by Van Aardtspost (die huidige spoorwegstasie Long Hope) aangehou, waarheen versterkings gestuur is.

Die rebellie het misluk, maar sou later, in 1877, ná die anneksasie van Transvaal, deur ds SJ du Toit in sy Di geskiedenis van ons land in di taal van ons land gebruik word om propaganda teen die Engelse te maak. Later is Slagtersnek telkens deur Afrikaners opgehaal, byvoorbeeld tydens die Rebellie van 1914, en deur CJ Langenhoven in sy Eerste stoffies op die pad van SA (1921).

Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: