P.W. Botha

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
PW Botha

Pieter Willem Botha (beter bekend as PW Botha, maar ook as Die Groot Krokodil) is gebore 12 Januarie 1916 in Paul Roux distrik, op die plaas Telegraaf in die Vrystaat en sterf 31 Oktober 2006 in George, in die Wildernis distrik op die ouderdom van 90 jaar in sy huis "Die Anker".

Vanaf 1978 tot 1984 was hy die Eerste Minister van Suid-Afrika, voorafgegaan deur John Vorster, na hierdie pos verval het, is Botha aangestel as Staatspresident tot en met 1989, toe FW de Klerk die leisels by hom oorgeneem het. PW Botha was ook die leier van die Nasionale Party (NP) vanaf 1978 tot 1989.

PW Botha het tot die einde van sy lewe geweier om voor die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) te verskyn en om verskoning te vra vir sy bydrae tot apartheid en die geweld wat daarmee saamgegaan het.

TV-Onderhoud met Cliff Saunders, 12 Januarie 2006, in vyf dele

Inhoud

Grootwordjare en sy vroeë politieke loopbaan

PW Botha was die seun van Hendrina en Pieter Willem Botha, en het 9 broers en susters gehad. Botha se pa het 'n kommando gelei tydens die Tweede Boere Oorlog (1899-1902) teen die Britte. Botha se ma, Hendrina, was ‘n gevangenis in ‘n Britse Konsentrasiekamp tydens die Boereoorlog.

In 1934 gaan studeer PW Botha regte by Grey Universiteits Kollege (nou Universiteit van die Vrystaat)in Bloemfontein. Gedurende sy studentejare help PW Botha met die organisering van die Gesuiwerde Nasionale Party. Later word PW Botha die party se Kampus Verteenwoordingsraad se voorsitter. Botha was ook ‘n deeltydse verslagewer by Die Volksblad en lid van die Afrikaanse Nasionale Studentebond.

Na ‘n toespraak wat Botha voor DF Malan, toe Eerste Minister van Suid-Afrika, gelewer het by die Universiteitsgehou, bied DF Malan vir Botha die pos aan as organiseerder van diè party in die Wes-Kaap. PW Botha skop sy studies op en trek na Kaapstad om hierdie amp vol te staan. Sy maandelikse salaris het hy verdien deur boeke te verkoop vir die Nasionale Pers (nou bekend as Naspers).

13 Maart 1943 trou PW Botha met sy eerste vrou, Elize Rossouw.

Politieke Loopbaan

Botha was ‘n Nazi simpatiseerder en het dit nie weggesteek dat hy die Duitse Nazi Party ondersteun nie. In 1939, tesame met T.E Dönges en J.B Vorster, vorm hulle die Kaapstadse tak van die Ossewabrandwag. PW Botha was ook die leier van hierdie tak van die Ossewabrandwag. Die Ossewabrandwag het die besluit dat Suid Afrika die Britte ondersteun tydens die Tweede Wêreld Oorlog teen gestaan. Toe dit begin lyk teen die einde van die Tweede Wêreld Oorlog dat die geallieerde magte gaan wen, het PW Botha die Nasionale Sosialistiese Beweging begin kritiseer. Weens interne struwelinge binne hierdie organisasie, skryf Botha ‘n aanvallende brief aan Die Burger. Volgens hom is Nasionale Sosialisme 'volksvreemd' en in kontras met die Christelike Nasionalisme van Afrikaners en kla die Ossewabrandwag daarvan aan dat hulle in nasionale politiek inmeng.

Na hierdie aanval op die Ossewabrandwag word Botha verban uit die organisasie 4 dae later. Hierna beveel D.F Malan ander Nasionale Party (NP) leiers aan om die Ossewabrandwag organisasie te verlaat.

In 1948 wen die Nasionale Party (NP) die meeste stemme in die Algemene Suid Afrikaanse Verkiesing weens hul beleid van rasse afsondering, wat later bekend sal staan as apartheid, em kom so aan bewind van Suid Afrika. PW Botha word verkies tot lid van die parlement, weens die Nasionale Party (NP) se oorwinning van George in die Suid-Kaap.

In Oktober 1958 word PW Botha aangestel as Minister van Binnelands Sake deur die destyse Eerste Minister, HF Verwoerd. Augustus 1961 word hy verkies as Minister van Gemeenskapsontwikkel en Kleurlingsake en in 1964 word hy Minister van Openbare Werke.

1966 word PW Botha aangestel as die leier van die Nasionale Party (NP) in die Kaapprovinsie en op 5 April 1966 die selfde jaar word hy aangestel as Minister van Veiligheid. In die selfde jaar word PW Botha ook aangestel as een van die Direkteure by Nasionale Pers (Naspers).

29 September 1978 word PW verkies tot Eerste Minister van Suid Afrika en op 3 September 1984 word hy President van Suid Afrka. 1986 kondig PW ‘n noodtoestand in Suid-Afrika aan. 1987 wen die Nasionale Party (NP) weereens die Algemene Suid Afrikaanse Verkiesing.

Die Einde van Die Groot Krokodil se bewind

18 Januarie 1989 kry PW Botha ‘n ligte beroerte. PW Botha is later die selfde jaar opgevolg deur FW De Klerk, na ‘n koukus vergadering 14 Augustus 1989 waar hy gevra is om te bedank. Met die laaste Algemene Suid-Afrikaanse Verkiesing in 1989 (wat ook die laaste keer was wat slegs blankes mag gestem het) wen die Nasionale Party (NP) weereens.

Aanhalings

  • Suid-Afrika het gister ‘n afspraak met die toekoms gemaak.

PW Botha ná die referendum-uitslag, November 1983.

Amptelike Naslaanbronne

Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: