P.J. Joubert

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.

Genl. Piet Joubert (Petrus Jacobus Joubert) (1831 - 1900) was kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

Joubert is op 20 Januarie 1831 naby Prins Albert in die Kaapprovinsie gebore. Hy was die seun van 'n behoeftige boer wat in 1837 met sy gesin saam met die Retief-geselskap na Natal getrek het. In 1852 neem hy deel aan die slag teen Sechele en 13 jaar later in die Vrystaat aan 'n veldtog teen die Basoeto's. Ná die dood van sy vader het Joubert na Transvaal verhuis en hom uiteindelik in die distrik Wakkerstroom, naby die grens van Natal, gevestig waar hy onder meer as boer, wetsagent en handelaar opgetree en verskeie ekspedisies teen die omliggende swart stamme onderneem het.

In 1865 word hy verkies tot lid van die Z.A.R. se Volksraad vir Wakkerstroom en in 1875 en 1876 tree hy op as waarnemende president van die Republiek op tydens president T.F. Burgers se afwesigheid. Hy vertrek in 1878 as lid van die twee deputasie na Engeland om die Britse regering te probeer oorreed om die vryheid van die Transvaal terug te gee.

Joubert is in 1880 gekies as lid van die Driemanskap en benoem tot kommandant-generaal van die Boeremagte, wat hy dan ook tot sy dood bly. In 1883 word hy vise-president van die Z.A.R. en in 1899 opperbevelvoerder van die Boeremagte wat die suidoosgrens moet verdedig. Hy sterf die volgende jaar op 27 Maart en word begrawe op sy plaas, Rustfontein, distrik Wakkerstroom.

Bronne

  • Albertyn, dr. C.F., "Afrikaanse Kinderensiklopedie", Nasionale Boekhandel Beperk, Kaapstad, 1972.
Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: