Nuwe Geskiedenis:Gebruikersportaal
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
| Inleiding | Hoe om 'n nuwe bladsy te skep | Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel |
Welkom by die Nuwe Geskiedenis Wiki
Hierdie projek word gedoen in samewerking met Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika, die boek geskryf deur die voorste historici en saamgevoeg deur professore Giliomee en Mbenga. Sien die boek se webwerf hier. Hier help jóú bydraes egter om die beste bron van Suid-Afrikaanse geskiedenis op die internet te skep. Word 'n geskiedenisskrywer of help redigeer artikels wat reeds geskryf is. Kyk of jy die lys van top bydraers kan haal en deel van die administratiewe span kan word.
Die doel is om 'n gratis en omvattende navorsingsbron te skep vir skoliere, studente en geskiedenis nerds.
Maak nou jou eerste wysiging
Die Sandput is spesiaal geskep vir toetse en eksperimente. As daar reeds teks is, vee dit gerus uit. Asseblief geen krutaal, reklame of persoonlike aanvalle nie! Kliek op Wys voorskou om te sien hoe jou bydrae sal lyk en Stoor bladsy as jy tevrede is daarmee.
Help
Om artikels te skep en te wysig is maklik. Sien gerus die hoe-om-te-begin-in-60-sekondes video of besoek die Helpgids
NB: Die onderwerp van hierdie wiki is SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS. Hou asb jou bydraes toepaslik.


