Niel van Deventer

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.
Niel van Deventer

Niel van Deventer is 'n skrywer, musikant en digter. Hy woon in Hartbeespoort waar hy by verskeie besighede betrokke is. Hy het regte studeer, maar gevind dat dit glad nie iets is wat hy vir die res van sy lewe wil doen nie. Hy glo vas in wat John Lennon gesê het: "Life is what happens while you’re busy making other plans", en probeer dus om sy lewe soveel moontlik te geniet terwyl hy daardie ander planne maak, poleer, en uitvoer. Hy was sedert 2006 betrokke by verskeie bands, waaronder Radio Suid-Afrika en Die Seeleeu Leipoldt Band en het pas 'n solo-projek geloods. Sy debuut album, Jy , word einde Mei 2010 vrygestel.

Inhoud

Nuwe Stemme 4

Van Niel van Deventer se gedigte kan in hierdie bundel gevind word. Die Nuwe stemme-reeks is ’n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasie-geleenthede skep vir jong digters wat nog nie genoeg gedigte het vir ’n eie, selfstandige debuut nie.

Aanhalings

  • Julius Malema is seker nou maar een van daardie mense met wie ek moet vrede maak. Ek kry myself nog nie so ver nie, en niemand gaan my oortuig dat sy saak nie een van selfverryking en wraak is nie (soos Idi Amin, Jean Kambanda en Robert Mugabe). Ek is bang, want ek is selfsugtig.

Niel van Deventer op die Versindaba op 23 Maart 2010, na aanleiding van Julius Malema se uitlatings in die media.


Verwysings

Eksterne Skakels

Litnet webwerf

Verwante Media

Nuwe Stemme 4
google soek
Laai dit gratis af: