Johannes Janse Van Rensburg

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.

Johannes Jacobus Janse Van Rensburg (1779 - 1836) was 'n Voortrekkerleier en het bekend gestaan as Lang Hans. In 1830 het hy, soos baie ander boere van die Noord-Kaap, oor die Oranjerivier getrek op soek na beter plase. In 1834 het hy aan die Sesde Grensoorlog deelgeneem en ná die oorlog teruggekeer na die Oranje-Vrystaat. In 1835 het Van Rensburg se trek dié van Louis Trichardt by die Caledonrivier ontmoet en vir ongeveer ses maande saam daar gebly.

In 1836 het daar 'n meningsverskil tussen Van Rensburg en Trichardt ontstaan. Volgens Trichardt het Van Rensburg se trek te veel ammunisie gebruik om te jag, en die twee trekke se paaie het geskei. Van Rensburg en sy trek het in die rigting van die Zoutpansberge getrek.

Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: