Jan Brand
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
Kort hierna het die ontdekking van diamante langs die Vaalrivier en Kimberley ekonomiese stukrag gebring, maar het ook die uitgerekte geskil met die Britse regering oor die besitreg van die diamantvelde geskep. In 1872 het hy ernstig siek geword en sy presidentspligte is tydelik deur 'n driemanskap vervul.
In 1876 het Brand na Brittanje gegaan om vergoeding te eis vir die onwettig geannekseerde diamantvelde. Ondanks die verlies van die grond, het hy 'n morele oorwinning behaal en met R180 000 as skadevergoeding teruggekeer. In 1881 het hy as bemiddelaar tussen die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) en die Britse magte opgetree. Hy het vervolgens die vraagstuk van spooraansluiting met die buurstate aangepak. Hoewel die spoorverbinding met die Kaapkolonie eers ná sy dood 'n werklikheid geword het, het die tolunie met die Kolonie groot voordele vir die OVS meegebring.



