Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
Josias Philip Hoffman (1807 - 1879) was die eerste staatspresident van die
Oranje-Vrystaat. As transportryer na
Natal en die
Transgariep het hy 'n hegte vriendskap gesluit met
Mosjesj, van wie hy 'n plaas aan die Caledonrivier ontvang het. In
1853 was hy lid van die "Raad van Representanten" wat die regeringsoorname moes reël en in
1854 is hy verkies tot die eerste president van die
Oranje-Vrystaat.