Ivy Matsepe-Casaburri
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
Ivy Matsepe-Casaburri is gebore op 18 September 1937. Sy het ‘n groot deel in Suid-Afrikaanse politiek gespeel het en sterf op 6 April 2009. Sy was Suid Afrika se minister van Kommunikasie vanaf 1999 tot en met haar dood. Matsepe-Casaburri was ook kortstondig die President van Suid-Afrika na die bedanking van President Thabo Mbeki van 24 September 2008 tot en met 25 September 2008.Matsepe-Casaburri is gebore in Kroonstad, in die Oranje-Vrystaat en het haar skoolloopbaan in Natal voltooi. Sy het haar BA-graad in Kunste by Fort Hare Universiteit. Na sy haar Baccalaureusgraad voltooi het, het sy ‘n onderwysposisie in Natal aanvaar. Net na sy hierdie pos beklee het, het Matsepe-Casaburri in selfopgelegte ballingskap ingegaan. Gedurende hierdie balingskap van haar het sy tyd spandeer in Swaziland, Zambia en die Verenigde State van Amerika asook Namibië voor sy terug gekeer het na Suid-Afrika in 1990, na 25 jaar in balingskap.
Tydens Matsepe-Casaburri se verblyf in die Verenigde State van Amerika het sy haar PH.D in Sosiologie van Rutgers Universiteit voltooi.
Gedurende 1993 word Matsepe-Casaburri aangestel as voorsitter van die SABC. Sy was die eerste vrou, sowel as swart person wat in hierdie posisie aangestel is. In 1997 bedank sy hierdie posisie en volg Mosiua Lekota op as permier van die Vrystaat. Sy was ook die eerste vrou wat ‘n posisie as premier in Suid-Afrika gevul het.
Matsepe-Casaburri het ook aktief deelgeneem aan die skryf en ontwikkeling van nuwe beleide met betrekking tot ekonomiese ontwikkeling, geslag, onderwys en plaaslike regering.
Matsepe-Casaburri word aangestel as Minister van Kommunikasie in Junie 1999. Sy vul hierdie posisie tot en met haar dood 6 April 2009.
Gedurende haar leeftyd het sy ook die volgende poste beklee:



