Isaac Moses Pfaff

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.

ISAAC MOSES PFAFF, 'n voormalige onderwyser van Distrik Ses, boorling van Ladismith en beter bekend as die menseregtestryder en skrywer Paul Roubaix, het as onderwyser aan die Trafalgar High School die toneelgeselskap Trafalgar Players gestig.

As skrywer van meer as 12 verhoogstukke was sy stem die eerste "dramatiese teaterstem" wat in die openbaar teen rassisme in Suid-Afrika opgeklink het toe sy werk deur die Trafalgar Players opgevoer is.

Ook sy drie romans, Then face tomorrow, A time for compassion: Biko's world in six plays, en Hour of glory, asook sy kortverhale, Though I speak, Bitter road, Storm, Benny and me, en Here endeth the first lesson, en stukke vir radioteater het op medemenslikheid en menseregte gefokus. Ook het hy die regie van sowat 80 toneelstukke behartig.

Pfaff, onder sy familie en vriende bekend as "Gumpa", was ook akteur, kunstenaar en digter, kerkman en sportentoesias.

Hy het op Ladismith grootgeword en na sy skoolopleiding aan die Universiteit van Kaapstad die graad B.A. en 'n onderwysdiploma verwerf.

As onderwyser aan die Trafalgar High School in Distrik Ses het hy die toneelgeselskap Trafalgar Players gestig. Hy het graag verhoogstukke vir die groep geskryf en ook die regie waargeneem. Dit was die trots van sy lewe.

Hoewel hy later 'n pos aan die Kensington High School in Kaapstad aanvaar het, het hy steeds by die Trafalgar Players betrokke gebly.

Kort nadat hy aan die begin van die 1960's 'n lektorpos aan die Battswood-onderwyserskollege aanvaar het, het hy besluit om na Kanada uit te wyk.

Ook in sy nuwe vaderland het Pfaff weer tot die onderwys toegetree, en ook voortgegaan om hom vir die skoolteater te beywer. Ook het hy veral sterk klem op literatuuronderwys gelê.

Ook sy eie opleiding het nie agterweë gebly nie. Hy het hom aan die Universiteit van Toronto in Kanada ingeskryf en die graad B.Ed. behaal. Daarna het hy 'n meestersgraad in Engelse literatuur aan die York-universiteit in Toronto verwerf.

Pfaff is op 4 Februarie 2005 in die ouderdom van 84 jaar in Toronto, Kanada, oorlede.


Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: