Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
Standbeeld van Gert Maritz
Gerhardus Marthinus (Gert) Maritz, die Voortrekkerleier, was 'n dorpenaar en gemeenskapsleier - welgesteld, deeglik en belese. Die Britse regering se onvermoë, die wyse van slawevrystelling, 'n beleid van verengelsing en algehele gelykstelling voor die wet het Maritz in September
1836 ná deeglike en openlike voorbereiding beweeg om aan die
Groot Trek deel te neem. In Desember
1836 is Maritz by
Blesberg as voorsitter en hoof van 'n bestuur van sewe lede oor die verenigde
Trekkers gekies.
In Januarie 1837 het hy saam met A H Potgieter by Mosega met welslae teen Silkaats se Matebeles aan 'n vee-terugwenveldtog deelgeneem.