Eugene De Kock
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
Eugene De Kock is ‘n voormalige kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) gedurende die apartheid regime in Suid-Afrika. Hy was ook die bevelvoerder van die C1-eenheid van die Suid-Afrikaanse polisie se teen-insurgensie groep, wat alombekend was vir die moored van dosyne anti-apartheid aktiviste.Eugene De Kock is tans besig om lewenslange tronkstraf uit te dien.
Inhoud |
Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK)
‘ n Lys van sowat honderd name wat tydens getuienis voor die WVK en die verhoor van die chemiese en biologiese oorlogvoeringsdeskundige Wouter Basson vorendag gekom het verder ondersoek. Die ondersoeke het ook 'n hupstoot gekry met die samewerking van Eugene de Kock, wat lewenslange gevangenisstraf uitdien vir sy rol in apartheidsmisdade. De Kock was die enigste persoon wat amnestie toegestaan is vir sy aandeel in die Cradock Vier-moorde van 1985.
A Human Being Died That Tonight
Pumla Gobodo-Madikizela het ‘n boek uit gebring genaamd A Human Being Died Tonight rakende haar ondervinding tydens die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) asook onderhoude wat sy met De Kock gevoer het en wat veroorsaak dat ‘n persoon met goeie sedes in ‘n moordenaar verander.





