Eerste telefoon in Suid-Afrika

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.

Die eerste telefoon in Suid-Afrika is in Februarie 1878 in gebruik geneem. Die Duits gebore Gustav Adolph Boettger het hier teen 1870 ‘n horlosie- en juwelierswinkel in Kortmarkstraat 9, Kaapstad gehad.

Hy het ‘n private lyn van die Telegraafkantoor na sy winkel gehuur. Sodoende was hy regstreeks in verbinding met die Koninklike Observatorium om die korrekte tyd van hulle af te kry. Elke middag om 12 uur het hy dan ‘n bal wat op ‘n paal bo op sy winkel was, laat val om die tyd vir die inwoners van Kaapstad so aan te dui.

In 1878 het hy ‘n paar telefone van die firma Siemens & Halske ingevoer. Omdat daar toe reeds ‘n lyn of ‘n kring tussen sy winkel en die Telegraafkantoor was, was dit maklik om die telefone te verbind en uit te toets. Dit was dus eksperimenteel gebruik.

Maar teen Februarie 1878 is dié telefone op ‘n langer lyn gekoppel en wel tussen die St. Georgesstraat Poskantoor en die huis van die hoofklerk en sekretaris van die Telegraafdepartement, Benjamin Duff, wat in Groenpunt gewoon het. Die amptelike gebruik van die telefoon is in groot detail dié dag deur die Cape Argus beskryf en was ‘n groot sukses.

Boettger is in Julie 1898 oorlede.

Eksterne skakels


Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: