Demokratiese Alliansie (DA)

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.

Inhoud

Die stigting van die DA

Die Demokratiese Alliansie (DA), tans die amptelike opposisie in die parlement, is op 24 Junie 2000 gestig. Dit het ontstaan uit die samesmelting van die DP en die NNP. Die onderskeie federale rade moes die betrokke Saterdag stem oor die voorstel. Die NNP se besluit was eenparig, terwyl net ses DP-lede daarteen gekant was.[1]

Die DP het in 1999, na die tweede demokratiese verkiesing, besluit op 'n strategie om 'n sterk opposisie te bou deur alliansies te vorm met ander partye. Twee weke voor die DA-stigting is 'n samewerkingsooreenkoms met die Federale Alliansie onder leiding van dr. Louis Luyt bereik.

Eerste leiers

Die NNP, wat langer as veertig jaar aan die bewind was en die land deur van sy mees omstrede jare gelei het, het daarmee ná sowat tagtig jaar van die politieke toneel verdwyn. Tony Leon, voormalige DP-leier, is aangewys as die DA se leier. Marthinus van Schalkwyk, NNP-leier, was die adjunkleier en Joe Seremane, DP-voorsitter, was die DA se voorsitter.

In die Desember 2000 munisipale verkiesing het die DA daarin geslaag om 'n aantal munisipaliteite te wen, onder meer die Kaapstadse Metropool.

Die NNP breek weg

Op 26 Oktober 2001 kondig die NNP-leierskap aan dat hulle onttrek uit die alliansie as gevolg van 'n besluit deur Tony Leon om Kaapstad se burgemeester Peter Marais uit die party te skors.[2] Dit het gevolg nadat hy geïmpliseer is in 'n seksuele teisteringsaak. Die NNP het hierna 'n alliansie met die ANC gesmee.
NNP kondig sy onttrekking uit die alliansie aan.

Die party se huidige leier is Helen Zille.

Verwysings

  1. Beeld, 26 Junie 2000, p. 1: "Nuwe party se beginsels beste medisyne vir SA"
  2. Jordaan, W.: "DA loer oor die afgrond", Beeld, 17 Oktober 2001
Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: