Cheryl de la Rey

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Cheryl de la Rey (47) is op 27 Julie 2009 as rektor van die Universiteit van Pretoria (UP) aangestel.  Sy is die eerste vrou in dié pos.
Dr. Cheryl de la Rey

De la Rey was vanaf Mei 2008 tot met die aanstelling as rektor Uitvoerende hoof van die Raad op Hoër Onderwys, wat gehalteversekering van kursusse doen en universiteite oor assessering en kursusse raad gee. Sy is ’n gewese adjunk-visekanselier van die Universiteit van Kaapstad.

Sy word beskou as iemand wat brûe bou en goeie menseverhoudings handhaaf en wat diepgaande kennis en strategiese begrip van die tersiêre onderwyssektor het. Sy het aan die destydse Universiteit van Natal in Durban gestudeer, maar haar doktorsgraad met ’n tesis getiteld “Career narratives of women professors in South Africa” aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal. Sy was jare lank ’n onderwyser en sielkunde-dosent en later adjunk-visekanselier van die UK.


Eksterne skakels

Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: