Charles Somerset

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.
Lord Charles Henry Somerset (1767 - 20 Februarie 1831) was Britse goewerneur aan die Kaap die Goeie Hoop. Hy was die tweede oudste seun van die hertog van Beaufort (Suid-Afrikaanse plekname soos Beaufort-Wes, Port Beaufort en Fort Beaufort dra die familienaam) en 'n kleinseun van admiraal Boscawen.

Buiten goewerneur was Somerset ook 'n militaris en vurige politikus. Hy wou deurentyd die belange van die kolonie bevorder deur die burgerlike leefwyse te verbeter. Somerset se eerste taak was om 'n nuwe hawe in Simonstad te vestig en 'n pad van Kaapstad daarheen te bou.

Somerset kom op 5 April 1814 in die Kaap aan. Sy hele ampstermyn was stormagtig, meesal vanweë sy outokratiese houding. Die Britse Laerhuis het dikwels aantygings van spandabelrigheid en monetêre onbevoegdheid bespreek. Hy het egter ook opreg in die landbou se vooruitgang belanggestel en gedurig die 1820-setlaars in nood bygestaan. Buiten bogemelde dorpe, dra ook Somerset-Wes en Somerset-Oos sy familienaam.

Sy groot teenkanting teen persvryheid het hom in stryd gebring met Thomas Pringle en John Fairbairn, wie se South African Commercial Advertiser hy probeer onderdruk het.

Ná hy na Engeland ontbied is om sy enigsins outokratiese optrede te verklaar, bedank hy in April 1827 en sterf in sy vaderland vier jaar later op 20 Februarie.

Bron

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: