Anton Goosen

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek

Inhoud

Agtergrond

Anton Goosen is 'n Afrikaanse sanger, ook bekend as "Vader van Afrikaanse rock". Sy eerste album was die eerste Afrikaans album ooit uitgereik deur 'n sanger wat sy eie liedjies in Afrikaans geskryf het. Hy is gebore op 5 Maart 1956 en het onderwys studeer in Heidelberg waar hy 'n diploma in psigopatalogie verwerf het. 

Sangloopbaan

As onderwyser by St. Stithians skryf hy 'n musiekblyspel, Jantjie, wat deur die leerlinge opgevoer word. In 1976 verlaat hy die onderwys en begin as resensent by Beeld werk. Sy eerste onderhoud is met die relatief onbekende Sonja Heroldt. Hy vertel haar tydens die onderhoud dat hy ook liedjies skryf. Sonja besoek hom tuis, blaai deur sy liedjieversameling en kies Jantjie, wat haar tweede groot treffer word na Ek verlang na jou.

In 1979 skryf hy die temamusiek vir die rolprent Pretoria o Pretoria, die oorspronklike weergawe van Kruidjie-roer-my-nie. Die eerste weergawe van Kruidjie-roer-my-nie was vier dae na die vrystelling verban. Nadat hy dit herskryf het, verkoop 40,000 eksemplare. Sy eerste album, die eerste Afrikaanse album ooit deur 'n sanger wat sy eie liedjies in Afrikaans geskryf het, volg kort hierna. Saam met onder andere Laurika Rauch, Koos du Plessis en Clarabelle van Niekerk begin Anton in dieselfde jaar die Musiek en Liriekbeweging.

In st. 9 het 'n skoolsielkundige vir hom gesê daar is nie 'n toekoms vir hom in musiek nie. Ten spyte hiervan het Goosen meer suksesvolle liedjies (treffers) agter sy naam as enige ander Suid-Afrikaanse sanger. Dit sluit in Boy van die suburbs, Byeboerwa en Blommetjie gedenk aan my, beskou as die begin van Afrikaanse Rock. Elf van sy albums het goue status verwerf. In 2004 word Anton Goosen vereer in die S.A. Rock Digest's Hall of Fame en in Mei 2009 ontvang hy die Life Achievement SAMA-toekenning vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek tydens die 15e jaarlikse MTN SAMA musiektoekennings funksie.


Albums

  • Boy van die suburbs (1979)
  • 2de laan 58 (1980)
  • Liedjieboer (1980)
  • Jors troelie (1981)
  • Tussen twee rooi mure (1983)
  • Lappiesland (1985)
  • Liedjieboer innie city/stad (1986)
  • Winde van verandering (1989)
  • Houtstok-rockfees (1990)
  • Dancer (1992)
  • Riviersonderend (21 "greatest hits") (1994)
  • Bushrock (of a white kaffir in africa) (1996)
  • Putonnerwater (21 unreleased songs en greatest hits vol. 2) (1999)
  • 'n Vis innie bos (2001)
  • Anton & vrinne en die Busrockband (2003)
  • 33 A-Sides (2008)
  • 33 B-Sides (2008)

Verwysings

Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: