Andries Pretorius

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek
Hierdie bladsy is 'n saadjie. Help deur te wysig en uit te brei.
Andries Pretorius
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (1798 - 1853) was 'n Voortrekkerleier en staatsman. Hy het in 1835 'n kommando in die Sesde Grensoorlog gelei. In 1837 het hy Gert Maritz se kommando besoek en hy aanvanklik die tweede ekspedisie teen Moselekatse Silkaats vergesel, maar het daarvandaan na die laers van Piet Uys en Piet Retief en na Port Natal gegaan. Terug in Graaff-Reinet het Sarel Cilliers se besoek en oproep hom finaal laat besluit om aan die Groot Trek deel te neem en in November 1838 het hy die Natalse Boere bereik.

Pretorius is as kommandant-generaal aangewys en het die oorwinning by Bloedrivier behaal wat later as die Slag van Bloedrivier bekend sou staan. Hy is as leier van die Volksraad aangewys toe Natal tot republiek verklaar is. In 1842-1843 het Pretorius hom vergeefs met wapens teen die Britse besetting van Natal verset.

Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: