Allan Hendrickse
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
Helenard Joe Hendrickse beter bekend as Allan Hendrickse, is 22 Oktober 1927 gebore en sterf 16 Maart 2005. Hendrickse het by Ford Hare studeer waar hy vir Nelson Mandela, Walter Sisulu en Robert Mugabe ontmoet het. In 1957 trou hy en 4 kinders word uit hierdie huwelik gebore.
In 1969 stig Hendrickse die Arbeidsparty, wat die kleurlinge verteenwoordig het by die Kleurling Verteenwoordigersraad. Hendrickse het hom onder andere beywer om gekleurde skole oop te stel vir alle rasse. Na 1984 het die Arbeidsparty die Huis van Verteenwoordigers in die Parlement oorheers. Die Huis van Verteenwoordigers was een van die huise in Suid-Afrika se deystydse Parlement. Hendrickse was deel van PW Botha se kabinet. Die United Democratic Front (UDF) en ANC was woedend vir Hendrickse omdat dit voorgekom het dat hy saam met die apartheidsregering staan. Hendrickse het hom self verdedig deur te sê dat hy apartheid teen staan en te help uitroei deur deel te wees van die regering.
Allan Hendrickse sal seker die beste onthou word toe hy gedurende die Apartheidsjare, 1987,'n wit strand betree het en die see by Port Elizabeth binnegestap het, en so beswaar gemaak het teen die apartheidswette. PW Botha was nie gelukkig met hom nie, aangesien hy gedurende hierdie tydperk lid was van PW Botha se kabinet.
1n 1992 verloor Hendrickse beheer van die Arbeidsparty weens Arbeidsparty lede wat nie meer vertroue in hom gehad het nie en oorgeloop het na die Nasionale Party (NP). Die oorkruising was gely deur Jac Rabie. Weens die beheer wat hy verloor het van die Arbeidsparty, het Hendrickse besluit om die Arbeidsparty saam te laat smelt met die ANC , waar hy as Lid van Parlement gedien het tot en met sy aftrede in 1999.
Inhoud |



