African National Congress (ANC)
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
Op 8 Januarie 1912 stig John Dube, Pixley Seme en Sol Plaatjie die ANC. Die ANC het hom beywer vir die regte en Vryhede van alle Afrikane. Die ANC was eers bekend as South African Native National Congress . Die huidige naam is eers in 1923 aanvaar. In 1944 word die ANC-jeugliga deur Nelson Mandela, Walter Sisulu en Oliver Tambo gestig.
Die Defiance Campaign kom tot stand in 1952 en die Vryheidsmanifes word in Kliptown in 1995 opgestel na die Nasionale Party die verkiesing in 1948 wen en apartheid invoer.
Die ANC besluit om oor te gaan na ‘n gewapende stryd en Umkhonto we Sizwe (MK) word gestig. Op 11 Julie 1963 word Nelson Mandela en 18 ander Umkhonto we Sizwe (MK) lede op die plaas Liliesleaf by Rivonia gearresteer. 11 Junie 1964 word Nelson Mandela, Walter Sisulu,Govan Mbeki, Raymond Mhlaba, Elias Motsoaledi, Ahmed Kathrada en Denis Goldberg skuldig bevind aan sabotasie en elkeen ontvan ‘n lewensvonnis tydens die Rivonia-verhoor.
Die ANC regeer Suid-Afrika sedert die eerste demokratiese nasionale verkiesing van Mei 1994.
Inhoud |



