5 April
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
5 April is die 95ste dag van die jaar in die Gregorian Kalender (96ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 270 dae in hierdie jaar.
Gebeurtenisse
- 1881 - Brittanje sluit die Verdrag van Pretoria met die Boere en erken die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) se onafhanklikheid.
- 1900 - Graaf George de Villebois Mareuil, 'n Franse edelman wat met 'n vreemdelinge legioen aan Boerekant in die Anglo-Boereoorlog geveg het, sneuwel naby Boshof in die Vrystaat.
- 1902 - Lord Horatio Kitchener vrywaar pres. M.T. Steyn en lede van die Vrystaatse regering sodat hulle die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) regering by Klerksdorp kan ontmoet.
- 1952 - Die Van Riebeeck skoolkoshuis, wat die Keniaanse Afrikanergemeenskap tot stand gebring het, word op Thomsons Falls ingewy.
- 1990 - Die ANC se vise president, Nelson Mandela, en pres. F.W. de Klerk kom in Kaapstad byeen.
- 1991 - Een van die ultimatums wat die ANC aan die regering stel voordat hy met grondwetlike onderhandelings sal voortgaan, is dat die minister van wet en orde, Adriaan Vlok, van sy amp onthef word.
- 1999 - Pres. Nelson Mandela kry wêreldwye lof vir sy rol om Libië om te haal om twee verdagtes wat by die Pan Am lugramp oor Lockerbie betrokke sou wees, aan die gereg te oorhandig.
Geboortes
- 1830 - D.J. Erasmus, in 1871 waarnemende president van die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) (†1913); en
- 1981 - Stefan Ludik, Suid-Afrikaanse akteur en sanger, in Namibië gebore.


