24 September
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
24 September is die 267ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (268ste in skrikkeljare). Daar volg nog 98 dae in die res van die jaar.
Gebeurtenisse
- 1660 - Jan van Riebeeck gee aan Otto Jansz op Robbeneiland opdrag om daar ‘n skaapsensus te hou en die vuurtoring behoorlik te versorg.
- 1894 - Pondoland word deel van die Kaapkolonie.
- 1901 - In die Kaapkolonie bereik genl. Jan Smuts die Katberge in die omgewing van Fort Beaufort.
- 1968 - Die krieketklub Marylebone (MCC) in Engeland stel ‘n toer na Suid-Afrika amptelik af.
- 1987 - Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika (Kontralesa) word van stapel gestuur om die belange van tradisionele leiers te verteenwoordig.
- 1989 - Meer as 3,000 mense op Acornhoek in Mpumalanga stap na die polisiekantoor en eis die opheffing van die noodtoestand.
- 1990 - Pres. George Bush van Amerika steun pres. F.W. de Klerk se hervormingsinisiatiewe.
- 1992 - Elf mense word doodgeskiet in ‘n aanval deur 30 gewapende mans op die Inkathat Vryheidsparty (IVP)-ondersteunde woongebied Kengeshe in KwaZulu-Natal.
- 1993 - Die ANC-leier Nelson Mandela vra die opheffing van ekonomiese en diplomatieke sanksies teen Suid-Afrika.
- 1996 - Pres. Nelson Mandela vereer Enoch Sontonga, komponis van die lied “Nkosi, Sikelelê iAfrika”, postuum met die Orde vir Lofwaardige Diens (Goud).
Geboortes
- 1898 – Hans van Rensburg, leier van die Ossewa-Brandwag (†1966);
- 1910 – Magda Wessels, Suid-Afrikaanse sopraan (†1999); en
- 1957 – Sibongile Khumalo, Suid-Afrikaanse sangeres.


