24 April
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
24 April is die 114de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (115de in skrikkeljare). Daar volg nog 251 dae in die jaar.
Gebeurtenisse
- 1652 - Jan van Riebeek verlaat die Dromedaris en vestig hom permanent aan wal.
- 1902 - In die Anglo-Boereoorlog vind die eerste spesiale vergaderings met burgers in die veld plaas om afgevaardigdes na die voorgestelde vredeskonferensie te verkies.
- 1947 - Koning George VI en sy gesin vertrek na Brittanje, na 'n besoek van tien weke aan die Unie en Rhodesië.
- 1981 - IBM stel sy persoonlike rekenaar bekend.
- 1990 - Die Hubble-ruimteteleskoop word vanaf Florida, Amerika gelanseer en met die Discovery Pendeltuig die ruimte ingedra.
- 1991 - Die regering sê hy sal kragtens ’n ooreenkoms met die ANC alle politieke gevangenes teen 30 April 1991 vrylaat.
Geboortes
- 1953 – Kallie Knoetze, Suid-Afrikaanse swaargewig bokser.
- 1981 – Zola (Bonginkosi Dlamini), Suid-Afrikaanse sanger en TV-persoonlikheid.
Sterftes
- 1980 - William Ewart Gladstone (W.E.G.)Louw. Hy word beskou as een van ons belangrikste Digters in Afrikaans.
- 1999 - James Walton. Walton word beskou as die grondlegger van Kultuurgeskiedenis en die vader van Volksboukunde in Suid-Afrika. Hy publiseer verskeie werke van Volksboukundige aard.


