17 Mei
Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.
17 Mei is die 138de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (139de in skrikkeljare). Daar volg nog 261 dae.
Gebeurtenisse
- 1714 - 'n Brand breek uit in die Kasteel. Min skade word aangerig.
- 1900 – Die Boere se beleg van 216 dae van Mafeking, waar kol. Robert Baden Powell die bevel voer, word opgehef weens die aankoms van ‘n Britse versterkingsmag uit die suide.
- 1910 – Lord Gladstone kom in Kaapstad aan en word die Unie se eerste goewerneur-generaal.
- 1938 - Koopkrag (Edms) Beperk is gestig.
- 1987 – Zimbabwe en die ANC blameer Suid-Afrika vir die bomontploffing by die ANC se diplomatieke kantoor in Harare.
Geboortes
- 1838 – Sir James Hulett, Suid-Afrikaanse suikermagnaat, in Engeland gebore (Sterf: 1928);
- 1898 – Prof. Frederik Christiaan Ludolph Bosman, Afrikaanse letterkundige (Sterf: 1981);
- 1901 – Betsie Verwoerd, Suid-Afrikaanse premiersvrou (Sterf: 2000);
- 1954 – Muis Roberts, Suid-Afrikaanse jokkie;


