9 Mei

Bookmark and Share

Die geskiedenis van amper alles Suid-Afrikaans.

Spring na: navigasie, soek

9 Mei is die 129ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (130ste in skrikkeljare). Daar volg nog 236 dae in die jaar.

Gebeurtenisse

  • 1652- Jan van Riebeeck reik ‘n proklamasie uit waarin hy die Kaap tot eiendom van die VOC verklaar.
  • 1685-Die Good Hope onder kapt. John Adams strand op ‘n sandbank by die ingang van die baai van Port Natal. Daar is 23 oorlewendes.
  • 1777 - Stellenbosch se kruithuis is voltooi.
  • 1824- Die drukpers van die South African Advertiser, wat in Januarie 1824 deur George Greig begin is, word in opdrag van die Kaapse goewerneur, lord Charles Somerset, verseël.
  • 1877- Paul Kruger en die staatsprokureur, dr. Eduard Jorissen, vertrek na Londen om teen die anneksasie van Transvaal beswaar te maak.
  • 1883- Paul Kruger word as president van die ZAR beëdig.
  • 1888- Die Volksraad van die ZAR eis die weglating van Chinese en Indiërs as lede van die raad.
  • 1899- Alfred Milner, goewerneur van die Kaapkolonie, ontvang ‘n telegram van Joseph Chamberlain, Britse minister van kolonies, wat bevestig dat die Britse kabinet ten behoewe van uitlanders sal optree om volle burgerreg in die ZAR te verkry. Dit is ‘n stap sonder presedent in die wêreldgeskiedenis.
  • 1900- ‘n Vrystaatse krygsraad verwerp die voorstel dat ‘n stelselmatige beleid van vernietiging (verskroeide aarde) in die pad van lord Roberts se opmars na Pretoria toegepas word.
  • 1904- Die boerevereniging van Kroonstad besluit eenparig om by die regering aansoek te doen om die teruggawe van hul wapens en ammunisie sodat hulle plaagdiere kan bestry.
  • 1987- Idasa open sy eerste nasionale konferensie, wat in Port Elizabeth plaasvind.
  • 1989- Anti-apartheidsaktiviste gooi water in vyf Nederlandse Shell-petrolpompe om die maatskappy van sy teenwoordigheid in Suid-Afrika te laat afsien.
  • 1994- Nelson Mandela word onbestrede verkies tot president van Suid-Afrika.
  • 1996- Adjunk-pres. F.W. de Klerk kondig aan dat die Nasionale Party (NP) die koalisieregering op 30 Junie sal verlaat, drie jaar voortydig.

Geboortes

Sterftes

  • 2004- Die sangeres Brenda Fassie (39) sterf in ‘n Johannesburgse hospitaal nadat sy twee weke lank in ‘n koma was weens ‘n oordosis kokaïen.
Persoonlike gereedskap
google soek
Laai dit gratis af: